Lowvelder on WOMF™
 
Letters
Probeer eerder om diereryk te verstaan PDF Print E-mail
Written by Guest User - Friday, 03 September 2010 00:00   

Anne-Mari Gavin skryf:

Ek het al in die verlede reageer op die wreedheid van die mens teenoor diere, veral die mense wat oorlog verklaar het teen die dorp se  ape.
Spesifiek vir die inwoner van West Acres wat sy/haar clivias meer belangrik ag as die lewe van 'n  dier wat deur God geskape is.
Graag wil ek net vir al hierdie mense sê wat dink lewe kom net hulle toe: besef julle dat julle eintlik die woongebied van die ape oorgeneem het?  En nie een keer was daar aan die diertjies wat daar woon se welsyn gedink nie. Nie net die ape nie, ook eekhorings, nagapies, rotte, muise, slange, koggelmanders en talle ander kleiner diere ook. Die mens is die mees selfsugtigste kreatuur wat God ooit geskape het! Geen wonder Hy was spyt nadat Hy hulle klaar geskape het nie.  Gen 6:5  sê: "Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart."
Mense plant voort en stuur hulle kinders die wêreld in om vir hulself  'n nessie iewers op te eis, maar besef nie dat diere presies dieselfde doen nie. Nou word die diere se woonplekke opgeëis deur die mense, so waar moet hulle dan heen gaan?
Sommer net so goedsmoeds word dit sonder om te blik of te bloos gesê, "gee hulle gif, maak hulle dood - want ons wil hier bly!" Wie gee julle die reg om goedsmoeds te moor wat God eerste geskape het? Geen wonder die diere moet veg vir oorlewing, sou julle nie ook terug geveg het as julle in 'n hoek gedruk word nie?
Kom ons waardeer liewer alles wat God geskape het. Op hierdie aarde is daar vir ons almal 'n plek as ons leer om in harmonie saam te leef. Bestudeer liewer diere se gedrag en verstaan hoekom hulle doen wat hulle doen. Hulle sal jou altyd iets kan leer, want God het hulle meer insig oor Sy groot plan gegee as vir die mens met sy menslike wil. Sien gerus Job 5:23: "Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.  Job 12:7: "Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee"; die ou spreekwoord sê, "Sien leef en laat leef!"
Jak 3:16: "want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade." Ek wil graag hierdie gedagte by almal laat -  Kol 3:25: "maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang." Leer ons dan nie ons kinders dat respek wel respek afdwing nie? En respek meen vir jouself, vir ander en alles wat God geskape het.

 
Kos is nie op standaard PDF Print E-mail
Written by Guest User - Friday, 03 September 2010 00:00   

Johan Vermeulen van Nelspruit skryf:

Met die sokker nog lekker vars in ons geheue is ons vir ‘n tweede keer stadion toe om die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Pumas te gaan kyk. Weer eens verloop alles seepglad van die parkering tot by ons sitplekke. Die veld is nog pragtig en die gees is fantasties.
Ek was by tye nie seker wie ondersteun vir wie nie want ongeag watter span presteer, almal het ewe hard geskree. Ons het selfs ‘n paar keer met oorgawe ge-“Mexican wave”. Die eindtelling is met baie gemengde gevoelens ervaar. Jy het nie geweet of jy moet spyt of bly wees nie. Ek was jammer vir die Bulle maar so bly vir die Pumas dat hulle sulke pragtige rugby gespeel en gewen het voor hulle grootste tuisskare nog ooit.
Wat ek graag wil vra is dat daar gekyk word na die verversings wat verskaf word. Ons wou so 18:00 iets te ete en drinke kry en toe kon ons kies tussen ’n koue worsbroodjie of ‘n koue stukkie steak op ‘n rolletjie. Toe ons koeldrank soek moes ons afloop na die grondvloer toe om te hoor dat al die koeldrank stalletjies  uitverkoop is maar dat ons by die stalletjie waar die renoster-koffie verkoop word nog sal kry. Toe ons daar kom het ons besef hoekom die stadion so leeg was, want dit het gelyk soos ‘n bekende kettingwinkel se Red Hanger Sale. Nodeloos om te sê ons is sonder koeldrank verder. Tydens die wedstryd het ons weer probeer maar sonder sukses. Ek is seker daar was baie mense wat toe nooit by hulle sitplekke opgedaag het nie. Wat ek probeer sê is dit was swak, want tydens die sokker was daar baie meer mense maar die verversings was uit die boonste rakke en die diens was baie goed. Aan die organiseerders wil ek vra, kom ons doen iets aan hierdie saak en ons maak ons stadion in alle opsigte iets om op trots te wees.

 
Turning point for good governance PDF Print E-mail
Written by Guest User - Friday, 03 September 2010 00:00   

Hannes de Kock, chairman Cairn and Burnside Interest Group writes:

With reference to the article about the Cairn and Burnside saga in the Lowvelder
of August 27, 2010.
One may be tempted to believe that the withdrawal of the revisional industry report by the city council may now result in the eventual implementation of a decision that was taken by them more than six years ago. This decision was that all industries in the Cairn and Burnside valley must be phased out by August 2009. The fact that absolutely nothing was done by anyone to ensure that this decision was implemented and the decision to spend more than R800 000 on a soul searching report to see if there may be any reason whatsoever in favour of the illegal industries makes one hesitate to be optimistic too soon.
The whole saga may just be seen as the reaction of a headstrong community that is not willing to allow a few industries to make a profit. Should Forest Wire be forgiven for their illegal land use and be allowed to settle permanently, a new era of unplanned development will start. If they succeed there will be no reason to refuse the other illegal industries and the Cairn and Burnside valley. In fact, council will then have no motivation to refuse any other illegal activities whatsoever in the whole city of Mbombela. The outcome of this matter will be an indication to all property owners and residents of how serious council is to manage the orderly development of our city. Alternatively this may just be the turning point for good governance in terms of the future development of Mbombela.
The Cairn and Burnside Interest group was surprised about Mr Charles Venter's claim that the LCBT (Lowveld Chamber of Business and Tourism) is in support of his rival association.
This implies that the LCBT supports the settlement of industries outside of proclaimed industrial areas, that the illegal industries have paid no property tax for many years and continue to enjoy discounts because they have settled in an agricultural area. Surely some of their members who follow the rules cannot agree with this unfair state of affairs.
The Cairn and Burnside Interest Group continues to urge owners to pay property taxes and to comply with the zoning regulations of the spatial development plan. Our association invites all residents of Mpumalanga who are in support of the protection of our rights (and their future rights) to send an email of support to us.  
I wish to apologise to Mr Venter for being emotional about the matter. But if I set up a noisy factory next to his game farm, enjoy tax-free benefits for many years and if nothing is done about a decision in my favour for more than six years and if then, council spend more than R800 000 for a meaningless report to try and exonerate my misdeeds, he may also be tempted to become just a little bit upset.
May I conclude with the plea from one of our residents, Eunanza Farrell, to Venter at the last meeting of the Cairn and Burnside Interest Group. "Mr. Venter, we bought our property because we prefer a rural lifestyle for us and our children and because the area was zoned for rural residential. Please will you grant us our right to live in peace?"

 
More Articles
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 52
Banner