Lowvelder on WOMF™
 
About Lowvelder
'n Ligstraal op tieners se pad

NELSPRUIT - "Ek was ‘n redelike stoutgat voor ek die Here gedien het." Só se jeugpastoor Deon van Zyl van  die AGS Mbombela Gemeenskapskerk. Sedert sy aansluiting by dié kerk 11 jaar gelede, is daar ‘n duidelik positiewe ommeswaai in die jong gemeenskap van Nelspruit te sien. "Ek het agtergekom dat daar niemand is wat ons kinders met issues bedien nie en toe die Alive-jeugbeweging begin."
Van Zyl lyk soos die gemiddelde man op straat. Jeans, afgeskeerde hare, vriendelike glimlag en gemaklike stap. Maar wat sy hart van vol is, loop sy mond van oor - sy liefde vir die Here en sy begeerte om stukkende jongmense heel te maak. En volgens hom draai dié ideaal rondom die regte verhoudings. "Dit is belangrik om op elke vlak van die lewe betrokke te raak met goed wat vir die kinders saak maak: sport, pelle, partytjies. Mens moet met hulle kan relate."
Dít is ook Van Zyl se boodskap aan ouers wat sukkel met konflik met hul tienerkinders. Tog verstaan hy dat die generasiegaping maar altyd ‘n probleem sal wees en daarom het hy in 2004 die diensjaarspanprogram op die been gebring. License to live het aanvanklik afgeskop met vier skoolverlaters, maar sal volgende jaar uit ‘n span van 10 jong-mense bestaan.
"Ons maak gebruik van friendship evangelism. Die diensjaarspanne gaan gesels met kinders tydens pouses en bou verhoudings met hulle."
Volgens Van Zyl is vandag se skoolverlaters nie voorberei op die lewe nie en om deel te word van die diensjaarspan gee hul dan die geleentheid om nie net op hul eie bene te staan nie, maar om ook ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Die diensjaarspan-lede is ook betrokke by weeklikse jeugaksies en bly almal saam in een huis onder toesig van ‘n huisvader. Hulle moet self sorg vir skoon wasgoed en ‘n skoon huis en hulle kry kans om hul eie persoonlikheid en karakter te ontwikkel. Dié jongmense ontvang ook weeklikse onderrig waarin hulle die nodige vaardighede geleer word om skoolkinders met spesifieke probleme by te staan. Daarmee saam, werk hulle ook twee aande ‘n week as kelners by die Spur. "Dít leer hulle deursettingsvermoë, bou karakter en gee hulle bietjie lewenservaring."
Twee van die diensjaarspanne se lede is ook self deur die meul van die wêreld se verleidings en tipiese grootwordprobleme. Van Zyl sê skoolkinders hang aan Sarel Venter se lippe wanneer hy met ‘n lyf vol littekens en tatoeërmerke praat oor sy donker verlede vermeng in dwelms en geweld - en sy uiteindelike rehabilitasie en  bekering. "Die skole sien dat ons werk ‘n gesindheidsverandering by die kinders meebring. Ons het reeds ‘n paar voltydse life coaches by Hoërskool Bergvlam en die groeinde getalle met die diensjaarspanne maak die impak van ons werk duidelik." Van Zyl voorsien ook ‘n tweede diensspan in die toekoms en reeds volgende jaar sal ‘n paar van die lede spesifiek fokus op kampe. "Ons hou naweek- en vakansiekampe waar die kinders se maskers gestroop word en hulle net weer kinders kan wees."
"Kinders het drie behoeftes. Hulle wil aanvaar en verstaan word en lief gehê word. Ons moet Jesus se voorbeeld volg. Soos hy mens geword het en op ons vlak geleef het, moet ons met die kinders connect op hulle vlak. Raak betrokke, vind uit wat dit is om ‘n tiener te wees en vat hul hand en stap saam met hulle."
Navrae en donasies: Deon van Zyl by
082-427-8287.

 

 
Management

Regional Manager - Buks Esterhuizen

Managing Group Editor - Irma Green

Deputy Editor - Mark Kinnear

Advertising Manager - Colletha Epstein

Financial Manager - Maureen Oosthuizen

Distribution Manager - André du Preez

 
Deadlines for Advertising

Deadlines for Classifieds:
 
Monday 14:00 for Friday
 
Thursday 12:00 for Tuesday
 
Deadlines for Advertising:
 
Tuesday 09:00 for Friday
 
Friday 09:00 for Tuesday

 
Office Hours

Office Hours:
 
Monday to Thursday: 08:00 to 17:00
 
Friday: 08:00 to 16:00
 
Address:
 
12 Stinkhout Crescent
Nelspruit

 


Banner