Lowvelder on WOMF™
 
Reg geskied na gru-moord PDF Print E-mail
Written by Lowvelder Editor - Tuesday, 03 November 2009 00:00   
NELSPRUIT - ‘n Plaaswerker wat gereeld in ’n tenger bejaarde vrou se tuin gewerk het, is die week in die Noord Gautengse Hooggeregshof skuldig bevind aan die sinnelose moord op haar.
Jabulanie Leyne (27) van Curlews is effektief 25 jaar tronk toe gestuur nadat hy ‘n tuisgemaakte mes gebruik het om
me. Sannie Viljoen (87) se keel af te sny. Hy het haar ook ses keer  gesteek voordat hy met R300 en ‘n paar juwele gevlug het. Die voorval het op 27 Julie 2007 plaasgevind.
Viljoen het alleen in ‘n huis ongeveer
 30 meter van haar dogter, me. Annatjie Liebenberg, se huis op dieselfde plaas in Curlews gewoon. Liebenberg het die oggend na die voorval gaan ondersoek instel omdat haar ma nie haar vensters en deur oopgemaak het soos sy gewoond was nie. Haar ma het in ‘n plas bloed in die kombuis gelê. Leyne het een van die huis se vensters gebreek om toegang te verkry. Die gesin het 17 jaar op die plaas gewoon. Met streng veiligheidsmaatreëls in plek was daar geen kriminele aktiwiteite tot en met die aanval nie.
Volgens kapt. Erhard Ströh van Witrivier Polisiestasie het hulle ‘n maand na die voorval vir Leyne gearresteer nadat sy vingerafdrukke op die toneel gevind is. Hulle het van haar besittings in sy besit gekry en DNS-toetse het hom ook met  die misdaadtoneel verbind. Leyne het op die plaas gewoon en vir haar skoonseun op die plaas gewerk.
Leyne het skuldig gepleit op ‘n klag van moord, asook huisbraak met die opset om gewapende roof te pleeg.
Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde en 12 jaar vir huisbraak. Regter Halima Saldulker het gelas dat sewe jaar van die huisbraak-vonnis samelopend met die moordvonnis uitgedien moet word. Sy het sterk uitgevaar teen Leyne se dade en dit as ‘n sinnelose moord op ‘n ou vrou wat geen weerstand kon bied nie, beskryf.
 
Comments (1)
25 Jaar?
1 Wednesday, 04 November 2009 00:12
Juanique Liebenberg
25 jaar sal nie my ouma terug bring nie! 25 jaar sal nie die pyn en verlange ooit kan wegvat nie. Ek kan nie help om te wonder of reg en geregtigheid werklik geskied het nie. Ek troos my daaraan dat hy eendag aan my God en Hemelse vader moet antwoord vir sy dade en ek glo daar sal werklike geregtigheid geskied. Die wraak kom my nie toe nie, ek sal vertroosting soek by God.

Add your comment

SmileCoolCrying or Very SadEmbarrassedA Smoker/Foot in mouthSadUser is an angel (at heart, at least)A Kiss/Lips Are SealedLaughingBiting one's tongue/Put Your Money Where Your Mouth IsBeen Smacked In The Mouth/Wears A Brace/My lips are sealeSurprisedSticking Out TongueConfusedWinkYelling
Your name:
Your email:
Subject:
Comment:
  The word for verification. Lowercase letters only with no spaces.
Word verification:
Banner