Lowvelder on WOMF™
 
Ses snare roer die hartsnare PDF Print E-mail
Written by Lowvelder Editor - Friday, 30 July 2010 00:00   

NELSPRUIT - Die Ses Snare met hul kitare het verlede Woensdagaand Laevelders se harte warm laat klop tydens hul enigste vertoning wat hierdie jaar op plaaslike bodem aangebied word.
Elke kunstenaar se unieke musikale styl het in die 90 minute lange vertoning tot eie reg gekom. Die rocker, Mel Botes het met "Sultans of Swing" die voete laat jeuk terwyl Matthys Roets met Leonard Cohen se "So long Marianne"’n nostalgie oor die gehoor gebring het. Blackie Swart se buitengewone kitaarspel is deur Leon Ecroignard met sy baskitaar ondersteun en aangevul. Leon se skerpsinnigheid het die gehoor goed laat skater. Thean Kotze het sy eie lied, "Fotostories" sielvol vertolk en het ook die gehoor verras met sy weergawe van onder andere "Ne nah na nah".
Die beste vertolking van die aand word egter loshande gewen deur die jong debutant Elné Noppe, wat met hierdie projek R46 000 vir Kansa ingesamel het. Haar eie aandeel hierin was bykans R19 000.
Elné het die gehoor beïndruk tydens ‘n kort toesprakie waarin sy die gehoor vinnig ingelig het oor die voorkoming van kanker asook die verskaffing van kitsfeite dat byvoorbeeld een uit vier mense deur kanker geraak word.
Nissan se groothartige bydrae van R10 000 tot die geleentheid, het daardie laaste hupstoot verseker om die projek geslaagd te maak.
Marc van Wymeerch, direkteur van Nissan, het na die vertoning gesê dat dit ongelooflik was om eerstens die Ses Snare weer op ‘n plaaslike verhoog te sien, maar ook om hulle maatskappy betrokke te hê by so ‘n projek.
KANSA se Karien van Niekerk was vol lof vir die plaaslike gemeenskap wat altyd hul harte en beursies oopmaak vir die organisasie.
Laevelder se groepredakteur, Irma Green, het gesê hierdie projek was "gemaak vir sukes" omdat die Ses Snare een van ons land se beste groepe is en omdat Elné van die eerste dag af soveel passie vir die projek gehad het.
"Dit is ook verblydend dat iemand soos
dr. Louis Swanepoel, hoof van Hoërskool Nelspruit, sy leerling ondersteun het en die fasiliteit beskikbaar gestel het. Met hierdie gebaar kon KANSA ‘n ekstra paar duisend rand kry", het sy gesê.

 

 


 

 

Add your comment

SmileCoolCrying or Very SadEmbarrassedA Smoker/Foot in mouthSadUser is an angel (at heart, at least)A Kiss/Lips Are SealedLaughingBiting one's tongue/Put Your Money Where Your Mouth IsBeen Smacked In The Mouth/Wears A Brace/My lips are sealeSurprisedSticking Out TongueConfusedWinkYelling
Your name:
Your email:
Subject:
Comment:
  The word for verification. Lowercase letters only with no spaces.
Word verification:
Banner