Lowvelder on WOMF™
 
Lieflingseun sterf tragies in gru-ongeluk PDF Print E-mail
Written by Guest User - Friday, 05 March 2010 07:19   

NELSPRUIT - ‘n Oudleerling van Hoërskool Nelspruit is die week op die Loskopdam-pad oorlede, terwyl een van sy destydse koshuiskamermaats in dieselfde ongeluk ernstig beseer is.
Mnr. CJ (Charles-John) Howell (23) was die bestuurder van die VW Golf waarin hyself, en ’n werknemer van Forever Resorts, mnr. Le Roux de Vries (21) gesterf het. Howell se boesemvriend wat ook saamgery het, mnr. Oppies Opperman (23), is die enigste oorlewende in die gru-ongeluk. Die bestuurder van die ander voertuig, mnr. Michael Kau van Polokwane het ook in die ongeluk gesterf.
Opperman was Dinsdag op pad na ‘n kursus in besproeiingsingenieurswese op Groblersdal toe die ongeluk plaasgevind het. Dit is onduidelik hoekom Opperman die oggend saam met sy vriende gery het. Opperman se ma, me. Frien Opperman vermoed hulle wou vir hom die pad wys.
"Hy het sy voet en knie vergruis, daar is ’n pen in sy regterbeen gesit, sy bekken is gebreek en sy oogvlies is geskeur. Die ernstige snymerke aan sy gesig is Dinsdag reeds met steke geheg. Hy is ook aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel," het
me. Opperman verduidelik. Hy word in die Midmed Hospitaal se intensiewe eenheid versorg.
Howell was die bestuurder van die Matombu Forever Resorts-oord. Sy pa, mnr. Charles Howell, vertel dat hy en sy seun vir twee jaar saamgewerk het by die Forever Resorts-oord, Waterfall Safari Lodge. Howell sr. het verlede jaar ’n verplasing gekry na Phalaborwa en was daar werksaam tot laat verlede jaar met sy aftrede toe hy na Machadodorp verhuis het. Sy seun is later na Matombu Lodge (ook ’n Forever Resorts-oord) as bestuurder bevorder.
Howell sr. het gesê dat sy kind "altyd die grapmaker van die groep was. CJ het almal vermaak en mense het baie van hom gehou. Hy was ’n diep seun, wat graag gedigte geskryf het. My kind was ’n mens-mens, wat bemind was oor sy geaardheid." Howell jr. en Opperman was kamermaats in die koshuis by Hoërskool Nelspruit, waar hulle hul hoërskoolloopbaan voltooi het. Howell jr. sou op 2 April 23 geword het, en word oorleef deur sy pa, Charles en ma Aliandha.
Die begrafnis is Maandag 11:00 vanuit die NG Kerk op Malalane.

 

Add your comment

SmileCoolCrying or Very SadEmbarrassedA Smoker/Foot in mouthSadUser is an angel (at heart, at least)A Kiss/Lips Are SealedLaughingBiting one's tongue/Put Your Money Where Your Mouth IsBeen Smacked In The Mouth/Wears A Brace/My lips are sealeSurprisedSticking Out TongueConfusedWinkYelling
Your name:
Your email:
Subject:
Comment:
  The word for verification. Lowercase letters only with no spaces.
Word verification:
Banner